Maak
energie
moontlik.

Die evolusie van energie in Suid-Afrika, van die produksie van konvensionele energievorms tot die ontdekking van nuwe energieoplossings, kan nie bestaan sonder die geowetenskap van die energiebedryf nie.

Geowetenskapstegnologie kan die areas met die meeste potensiaal presies uitwys. Dit maak die ontdekking van energie en die plasing van projekte vinniger, veiliger en doeltreffender vir die omgewing. 

Seismiese opnames wat dekades lank in Suid-Afrika uitgevoer is, het bewys plaaslike energiebronne kan betroubaar en bekostigbaar ontwikkel word om aan die toenemende vraag na energie te voldoen en energie-onafhanklikheid vir die land en sy mense te ontsluit. 

Beskerm mariene lewe

Seismiese opnames is nie skadelik vir die omgewing in die see nie. Dit word uitgevoer teen frekwensies laer as die gehoorbestek van baie mariene spesies en is vergelykbaar met baie klankbronne wat natuurlik in die oseaan voorkom. 

Ons bedryf stel temperingsmaatreëls in werking om die mariene omgewing gedurende opnames te beskerm. Dit sluit in professionele waarnemers van mariene soogdiere en die gebruik van akoestiese moniteringstegnologie. Ons respekteer uitsluitingsones en gebeure van biologiese belang, waaronder teelareas en -seisoene, en migrasie en voer, as deel van ’n oorvloed voorsorg vir die beskerming van seelewe. 

A female geoscientist looking over environmental data on two computer screens

Volhoubare oseane

Ons lede is daartoe verbind om ons oseane vry van mariene puin te hou. Sedert 2016 het EnerGeo Alliance-lede die verwydering van meer as 2,5 miljoen pond se mariene puin aangemeld. Die EnerGeo Alliance was aan die voorpunt van die Sustainable Seas Initiative, ’n gesamentlike poging van sleutelbelanghebbendes, waaronder vissers, bewaringsorganisasies en staatsagentskappe, om doeltreffende oplossings vir die versameling en verantwoordelike wegdoening van visserytoerusting en ander mariene puin te ontwikkel en in werking te stel, sowel as om openbare bewustheid en opvoeding oor die uitwerking van spooknette en mariene puin op ons omgewing te verhoog.

In die onderstaande video’s kan jy meer uitvind oor hoe EnerGeo-lede die mariene omgewing gedurende bedrywighede beskerm:

Skep voordele vir plaaslike gemeenskappe

Die ontwikkeling van energiebronne verskaf sowel regstreekse as onregstreekse werksgeleenthede vir plaaslike gemeenskappe.

Ons lede konsulteer met belanghebbendes as die eerste stap in die ontwikkeling van energie. Ons lede is daartoe verbind om hul kwellings en behoeftes te verstaan en doen moeite om daaraan te voldoen, hetsy dit omgewingskwellings, gesondheidsorg- en onderrigbehoeftes of die ondersteuning van plaaslike ondernemings is.

Voldoen ten volle aan wetgewing en regulasies

Ons lede moet aan streng vereistes van die regering voldoen om permitte te ontvang voordat hulle met bedrywighede kan voortgaan. Gedurende die beplanningsfase van die opname word omgewingsimpakevaluerings uitgevoer om die moontlike uitwerking op en gevare vir mariene lewe te evalueer, en maatreëls te oorweeg om dit te vermy of te verklein – alles in ooreenstemming met beste internasionale praktyk en die beste beskikbare wetenskaplike inligting. 

Lees meer oor EnerGeo-lede se impak in Suid-Afrika

Impakvennote

Die werk van die geowetenskap in die energiebedryf maak die hoof-, nuwe en alternatiewe energie- en laekoolstofoplossings moontlik, soos koolstofvaslegging en -berging (“carbon capture and storage” of CCS), wat krag aan die wêreld lewer.